Dis Eenvoudig. Dit Werk.
Ek wil graag met julle deel wat nou-die-dag, in die kar, op pad huis toe na afloop van ‘n kuier by maatjies gebeur het.
‘n Onderonsie het tussen my 11-jarige en 8-jarige ontstaan. Die 11-jarige sê toe vir die 8-jarige: “Ek kort spasie asseblief…”
Waarop die 8-jarige antwoord: “Dankie dat jy vir my gesê het wat jy nodig het.”
Waarop die 11-jarige antwoord: “Dankie dat jy my respekteer.”
Dit is natuurlik op hierdie punt waar die uwe amper die kar rol met ‘n opgewonde gejuig: “Dit is sulke goeie kommunikasie! Julle kan só trots voel op julself! Hoe voel dit???” (Dit is ‘n doelbewuste tegniek om die spesifieke gedrag te versterk en hulle buite- en binne ervaring te koppel).
By die huis aangekom deel ek met pappa wat gebeur het waar kleine muisies met grote ore natuurlik kon hoor hoe ek oor hulle praat. (Weereens ‘n doelbewuste tegniek om die gedrag te versterk.
Die hele situasie het my baie hoopvol gemaak vir die toekoms van ons mensdom. Hierdie generasie se kinders leer verhoudingsvaardighede aan wat baie van die volwassenes om ons nooit die geleentheid gehad het om te ontwikkel nie.
Die wetenskap oor veilige binding is duidelik. Dit beïnvloed die lewe van ‘n kind op soveel positiewe maniere:
~ selfwaarde,
~ gesonder verhoudings, en
~ selfs positiewe fisiese gesondheidsuitkomste!
En dit is eintlik super eenvoudig: wanneer ons ingestel is op ons kinders en hulle met sorg en respek behandel, leer hulle om op dieselfde manier teenoor ander op te tree. (‘n Liewe, spesiale neuron in die brein speel ‘n groot rol hierin.)
My hartsbegeerte is dat alle mense (maak nie saak die ouderdom nie) na geluister en gerespekteer sal word. Mag almal van ons – as gevolg daarvan – veiliger en meer connected voel. En mag ons generasie dié wees wie die bal aan die rol sit.
As jy natuurlik meer wil weet oor hierdie vaardighede of dit self ‘n go wil gee – gaan loer gerus hier: https://www.wolfietherabbit.com/dashboard/
(You’ve got nothing to lose… but oh SO MUCH TO GAIN!)
**** DISCLAIMER: Ek is nie altyd die beste voorbeeld nie en hulle is nie altyd so suksesvol in hul konflikhantering nie… maar dit is ‘n goeie begin. ****


