5.00
(2 Ratings)

‘n PERD SE MA IS NIE ALTYD ‘n PERD NIE e-boek

Wishlist Share

About Course

Die perdjie se ma was droër as die Kalahari woestyn op die warmste dag van die warmste maand. Sy het nie eens een druppel melk gehad nie. Die boer moes ‘n moeilike besluit neem – een wat die perdjie se lewe vir altyd sou verander. Hy is in die vreemde gedompel en omring deur goed wat nie vir hom sin gemaak het nie: pienk, oorgewig diere wat snork. Voëls wat nie vlieg nie en die vrees dat tiener-wees dalk aansteeklik mag wees! Die dae het nie stil gestaan nie. Noodgedwonge het hy die onbekende trotseer. Hy het geleer hoe om aan te pas en het sy behoort-plek op ‘n onwaarskynlike plek gevind, ten einde laas te besef dat ‘n perd se ma nie altyd ‘n perd is nie.

 

Nie net is hierdie ‘n pragtig geïllustreerde e-boek met 10 aktiwiteitsbladsye wat jy saam met jou kind kan geniet nie, maar ook ‘n moet vir elke Suid-Afrikaanse gesin!

 

Gesinne vandag lyk baie anders. Inteendeel, die statistiek beklemtoon dat gesinslewe in Suid-Afrika nog nooit eenvoudig was om te definieer of te verstaan nie. Die konsep van die nukluêre gesin (mamma, pappa en biologiese kinders onder een dak) kon nog nooit voldoende gesinsdiversiteit in Suid-Afrika vasvang nie. As die norm dus nie op jou van toepassing is nie, waar laat dit jou dan? As my omstandighede nie strook met die definisie van gesin-wees of die norm van die nukluêre gesin nie, het ek steeds reg op ‘n tipe gesinslewe, of gaan dit nooit vir my beskore wees nie? Kan my “anderste tipe” familie tel? Wat as ek meer hegte verhoudings het met mense wat nie volgens definisie as “familie” kwalifiseer nie? Wanneer daar dus na Suid-Afrikaanse gesinne verwys word, kan daar nie slegs na die nukluêre gesin verwys word nie, maar moet daar gefokus word op inklusiwiteit van diversiteit. Dit noodsaak die herdefiniering van ons konsep van “gesin-wees”.

 

Met inagneming van die bogenoemde, poog die boek om die kind se idee van wie as familie “kwalifiseer”, uit te brei. Sodoende help dit om vir hulle ‘n groter geborgenheid en behoort-gevoel te skep.  Dit is geskryf op ‘n prettige, toeganklike manier, maar dra tog duidelik die boodskap oor, tesame met ‘n paar belangrike lewenslesse, soos byvoorbeeld dat opstaan baie meer belangrik is as val. Hierdie boek is nie net relevant vir die Suid-Afrikaanse konteks nie, maar ook baie nodig.

 

Die boek is geskryf deur die sielkundige, Dr. Joanita Olivier (PhD). Sy is ‘n gegradueerde van die Universiteit van Stellenbosch en het reeds 15 jaar ervaring in die veld. Sy stel veral belang in positiewe sielkunde en terapie met volwassenes, adolessente en kinders. Haar PhD navorsing het gefokus op die ontwikkeling van veerkragtigheid in gesinne. Sy is ‘n vrou en mamma van twee jong kinders. Sy ken eerstehands die uitdagings wat ouers in die gesig staar.

 

Mag hierdie boek ‘n groot seën vir jou gesin wees (hoe dit ookal mag lyk). Lekker lees.

 

Show More

What Will You Learn?

  • Brei kinders se konsep van gesin-wees uit.
  • Sal bydra om 'n groter gevoel van geborgenheid en behoort te skep.
  • Leer kinders belangrike lewenslesse.
  • Demonstreer veerkragtigheid (ons kan uitstyg ten spyte van moeilike omstandighede).

Course Content

HOE OM TOEGANG TOT DIE e-BOEK TE VERKRY

‘n PERD SE MA IS NIE ALTYD ‘n PERD NIE

Student Ratings & Reviews

5.0
Total 2 Ratings
5
2 Ratings
4
0 Rating
3
0 Rating
2
0 Rating
1
0 Rating
C
5 years ago
Hierdie boekie verduidelik so mooi en verstaanbaar dat gesinne verskillend is. Soms moet ons moeilike besluite maak maar op die einde is dit belangrik om nie moed op te gee nie. Ek en my kinders het lekker saam gelees aan hierdie mooi verhaal en die illustrasies net so baie geniet! Aan die einde v d boekie was daar mooi verduidelikings van woorde wat my seuntjie nie verstaan het nie bv wat is ‘n tiener? En ook die mooiste opvoedkundige prentjies wat ek kon print vir hulle om in te kleur. Op die einde van die dag verstaan hulle nou dat almal se gesinne lyk nie dieselfde nie en dit is heeltemal ok. Solank ons mekaar help en liefhet! Dis ‘n moet lees vir elke gesin!
WT
5 years ago
We would love to hear from you. Please rate and review the e-book upon completion. Thank you so much.
SALE! Don't miss out! Get 50% OFF on EVERYTHING! Use code FIFTY50 during checkout. FREE SHIPPING when you spend R 650.00 or more!
0%