Real Life

Die lewe is nie soos die flieks nie

geskryf deur Joanita Olivier

die nie-fliek weergawe van huweliksherdenkings, romantiese illusies, ‘n toddler en honde:

so is ek en my Honey-Hush vier jaar getroud. Ons het al klomp storms saam trotseer – verhuising (dink gypsies), swangerskap, slaap deprivasie, lewensveranderende besluite en aanpassings, ‘n wilde toddler. Die lys gaan aan. Met vier jaar onder die belt, voel ons trots. Hier volg die gebeure van 10/12/2014 in ons huishouding. Meestal akkuraat. Sommige effens verwronge as gevolg van trauma:

ons het nie ‘n babysitter naby nie – geen ouma of oupa wat net om die draai bly nie (sug – ye fortunate ones!) Dus moes ons maar tussendeur toddler-roetines en mannewales romanse inbou. Hushband stuur vroeg-oggend ‘n voicenote en ek ‘n e-card. Ek beplan ‘n romantiese ete – “sticky fig lamb cutlets with couscous salad”. Klink indrukwekkend. Kom by die huis en daar wag langsteel rose. Die dag vorder goed, dink ek stilweg. Voorbereidings vir die romantiese ete skop onderweg. We are off to a good start!

en toe die volgende…

ek hoor ‘n hond blaf teen die koppie van die natuurreservaat agter ons huis. Dit klink soos Blake – ek sweer dit klink soos Blake. Ek roep: “Hushband, is Blakey buite?” Antwoord: “Nee”. Ek: “O hel sy het seker uitgekom”. Kerf die bone. Vryf die lam met olyfolie. Mors op my 7 maande swanger magie. “Darn it”. Hushband trek tekkies aan (daar is slange). Hy is fort die koppies in. 5 minute later – die vleis net in die warm pan gesit presies volgens die resep se spesifikasies – kom Toddler huilend die kombuis binne: “Daar’s poefie in my onderbroekieeeeeee – whhhaaaaaaaaaaaaa! Maak my boude skoon!”

ek met my olyfolie hande hardloop saam met hom badkamer toe. Daar is (pap – sorry tmi) poef oral. ‘n Stukkie trek deur die lug en tref my op die wang. Toddler huil steeds: “My magie pyn! Bring vir my vitamiene! Bring vir my medisyne!” Ek probeer die onderbroek skoonkry terwyl Toddler van die laaste maagpyn ontslae probeer raak. Iewers bo die gehuil hoor ek ‘n ge-beep. Beep. Beep. Beep. Beep. Ritmies. DIE STOOF! Die vleis moes al lankal omgedraai wees. My hande is steeds vol poef en olyfolie en my kind steeds huilend. Ek gryp die disinfectant handwash en was obsessief – drie maal om presies te wees. Beep. Beep. Beep. Beep. Hardloop kombuis toe. Rook trek. Draai die gebrande vleis om – probeer red wat te redde is. Smeer maar ekstra vyekonfyt met die hoop dat dit die brand-smakie sal help verbloem. Toddler huil steeds. Hardloop terug badkamer toe en probeer hom sover moontlik vertroos. Beep. Beep. Beep. Ek gee moed op. Verduidelik vir Toddler dat ek net 2 hande het en net een ding op ‘n slag kan doen (klink bekend – so asof ek dieselfde rympie gedurende my kinderjare gehoor het).

hushband kom swetend terug: “Ek kry Blake nerens. As sy in ‘n gat geval het sien ons haar nie weer nie”. (Sy was al voorheen in ‘n gat.) My maag draai – nie ons dogtertjie nie – spanning. Ek dek die minimum (glad nie soos ek beplan het nie) en sit die gebrande kos op die tafel voor. Toddler skree: “Dit is nie lekker nie! En vryf sy tong met die palm van linkerhand”. Ek en Hushband eet in stilte – hier en daar krap-krap – want die brand-smaak kom verby die vyekonfyt. Toddler is steeds ongelukkig. Hushband: “Gaan bad hom asseblief, want ek kan die stres nie meer hanteer nie.” Hushband is weer fort – die keer in die kar om die verlore Blake op te spoor. Ek tap die bad. Gedagte: Ek wonder of Blake in die kar kan wees? Loop kar toe. Geniet die 30 sekondes van stilte in die garage (sug), want daar kan ek Toddler nie hoor huil nie. So wrintiewaar – Blake le in die kar. Hushband het verniet gesweet, die koppies ingehardloop en vir Blake begrawe.

ek sien hom ry in die kar. Swaai my arms soos ‘n besetene – ons hond wat verlore was is weer gevind! (Gedagte – wat dink die bure?!) Toddler is deur die water. Met Milo in die hand en baie mamma-liefde raak hy weer mens. Stilte en vrede daal weer oor die huis.

hierdie vertelling word opgedra aan alle paartjies, wie op lomp maniere poog om romanse en liefde lewendig te hou (met ‘n spoegdoek oor die skouer en ‘n toddler aan die rokspant). Paartjies wie besef dat die grootste geskenk wat ons ons kinders kan gee – ‘n gesonde huwelik is. Paartjies wie weet dat dit nie perfek hoef te wees nie, maar dat ons net moet aanhou probeer. Here’s to you! I salut you.

SALE! Don't miss out! Get 50% OFF on EVERYTHING! Use code FIFTY50 during checkout. FREE SHIPPING when you spend R 650.00 or more!
0%