‘n PERD SE MA IS NIE ALTYD ‘n PERD NIE e-boek

R 55.00

 

Dis OK om anders te wees.

 

*** REGISTREER ASSEBLIEF HIER VOOR JY DIE e-BOEK AANKOOP, TEN EINDE DIT IN JOU “COURSE DASHBOARD” TE KAN BESIGTIG. ***

SKU: 6074 Categories: , , , , ,

Description

*** REGISTREER ASSEBLIEF HIER VOOR JY DIE e-BOEK AANKOOP, TEN EINDE DIT IN JOU “COURSE DASHBOARD” TE KAN BESIGTIG. ***

Die perdjie se ma was droër as die Kalahari woestyn op die warmste dag van die warmste maand. Sy het nie eens een druppel melk gehad nie. Die boer moes ‘n moeilike besluit neem – een wat die perdjie se lewe vir altyd sou verander. Hy is in die vreemde gedompel en omring deur goed wat nie vir hom sin gemaak het nie: pienk, oorgewig diere wat snork. Voëls wat nie vlieg nie en die vrees dat tiener-wees dalk aansteeklik mag wees! Die dae het nie stil gestaan nie. Noodgedwonge het hy die onbekende trotseer. Hy het geleer hoe om aan te pas en het sy behoort-plek op ‘n onwaarskynlike plek gevind, ten einde laas te besef dat ‘n perd se ma nie altyd ‘n perd is nie.

 

Nie net is hierdie ‘n pragtig geïllustreerde e-boek met 10 aktiwiteitsbladsye wat jy saam met jou kind kan geniet nie, maar ook ‘n moet vir elke Suid-Afrikaanse gesin!

 

Gesinne vandag lyk baie anders. Inteendeel, die statistiek beklemtoon dat gesinslewe in Suid-Afrika nog nooit eenvoudig was om te definieer of te verstaan nie. Die konsep van die nukluêre gesin (mamma, pappa en biologiese kinders onder een dak) kon nog nooit voldoende gesinsdiversiteit in Suid-Afrika vasvang nie. As die norm dus nie op jou van toepassing is nie, waar laat dit jou dan? As my omstandighede nie strook met die definisie van gesin-wees of die norm van die nukluêre gesin nie, het ek steeds reg op ‘n tipe gesinslewe, of gaan dit nooit vir my beskore wees nie? Kan my “anderste tipe” familie tel? Wat as ek meer hegte verhoudings het met mense wat nie volgens definisie as “familie” kwalifiseer nie? Wanneer daar dus na Suid-Afrikaanse gesinne verwys word, kan daar nie slegs na die nukluêre gesin verwys word nie, maar moet daar gefokus word op inklusiwiteit van diversiteit. Dit noodsaak die herdefiniering van ons konsep van “gesin-wees”.

 

Met inagneming van die bogenoemde, poog die boek om die kind se idee van wie as familie “kwalifiseer”, uit te brei. Sodoende help dit om vir hulle ‘n groter geborgenheid en behoort-gevoel te skep.  Dit is geskryf op ‘n prettige, toeganklike manier, maar dra tog duidelik die boodskap oor, tesame met ‘n paar belangrike lewenslesse, soos byvoorbeeld dat opstaan baie meer belangrik is as val. Hierdie boek is nie net relevant vir die Suid-Afrikaanse konteks nie, maar ook baie nodig.

 

Die boek is geskryf deur die sielkundige, Dr. Joanita Olivier (PhD). Sy is ‘n gegradueerde van die Universiteit van Stellenbosch en het reeds 15 jaar ervaring in die veld. Sy stel veral belang in positiewe sielkunde en terapie met volwassenes, adolessente en kinders. Haar PhD navorsing het gefokus op die ontwikkeling van veerkragtigheid in gesinne. Sy is ‘n vrou en mamma van twee jong kinders. Sy ken eerstehands die uitdagings wat ouers in die gesig staar.

 

Mag hierdie boek ‘n groot seën vir jou gesin wees (hoe dit ookal mag lyk). Lekker lees.

 

wat jy kry:

 

digitale PDF-lêers, beskikbaar om onmiddelik afgelaai te word. Die e-boek (met bewegende illustrasies) kan ook aanlyn gelees word.

  • 15 storiebladsye.
  • 10 aktiwiteitsbladsye.

 

deur hierdie item aan te koop, sal u digitale lêers ontvang wat onmiddelik afgelaai en gedruk kan word. Geen fisiese items sal verskeep word nie, dus is aflewering gratis. 🙂

 

om te bestel:

Stap 1: Registreer asseblief HIER voor jy die e-boek aankoop, ten einde dit in jou COURSE DASHBOARD” te kan besigtig. 

 

Stap 2: Voeg hierdie item in jou trollie en voltooi die koopproses.

 

Stap 3: Sodra die betaling bevestig is, sal u toegang tot die storie hê via die “COURSE DASHBOARD” skakel op die webtuiste. Super maklik. Super gerieflik. Onmiddelik. Geen afleweringskoste nie.

 

druk: die storie en illustrasies kan tuis gedruk word met u tuisdrukker OF jy kan gebruik maak van enige plaaslike kopie sentrum of professionele drukkers. Hou asseblief in gedagte dat alle drukkers en monitors anders gekalibreer word en die kleur kan wissel van wat op u monitor gewys word. Wanneer van u huis gedruk word, word dit aanbeveel dat die stellings gestel word op hoe kwaliteit drukwerk vir die beste resultate. ‘n Inkjet drukker sal ook beter resultate lewer.

 

gebruiksvoorwaardes en kopiereg: Die storie en ontwerpe is slegs vir persoonlike gebruik. Geen deel van die storie of ontwerpe mag gedupliseer of verkoop word nie. Dit is ‘n streng skending van kopieregwetgewing om hierdie storie of ontwerpe op enige manier te dupliseer sonder toestemming.

Additional information

Style

Pastel, Unisex

You may also like…

  • A HORSE'S MOM ISN'T ALWAYS A HORSE e-book

    A HORSE’S MOM ISN’T ALWAYS A HORSE e-book

    R 55.00
    Add to cart
  • Knowing Yourself Helps Your Child online short-course

    Knowing Yourself Helps Your Child online short-course

    R 550.00
    Add to cart
  • Product image of eye love'sThe {REAL} Baby Milestones photo prop cards. Monochrome card that reads, "hello world!" Graphics include a heart, speech bubble and crosses.

    The {REAL} Baby Milestones cards instant download

    R 55.00
    Add to cart
SALE! Don't miss out! Get 50% OFF on EVERYTHING! Use code FIFTY50 during checkout. FREE SHIPPING when you spend R 650.00 or more!
0%