‘n Eenvoudige Gebed
oor die afgelope paar maande praat die Here op so ‘n sagte, geduldige manier met my oor vertroue. Jy sien – ek sê so graag vir die Here voor. Ek vertel Hom wát moet gebeur; hóé iets moet verloop; of wát die antwoord op my gebed moet wees.
Sug. (Die prentjie van ‘n geduldige ouer en beterweterige tiener spring in my kop op).
Op die oomblik bid ek seker die eenvoudigste, dog moeilikste gebed: “Father I trust You. Have Your way.” Soms afgewissel met die baie moeilike: “Father I don’t understand… but I trust You.”
Dit is vir my so moeilik om ‘n PUNT aan die einde van “I trust You” te sit in plaas van ‘n komma. In die stilte wat volg na ‘n punt, maak angstigheid en vraatsugtigheid na beheer gereeld die spasie vol. Maar die Here is teenwoordig, geduldig, getrou en genadig – verál in die ongemaklike spasies na punte. En dit is sekerlik die beste plek om Hom te ontmoet.
Mag jy ook eenvoudige, moeilike gebede met punte in plaas van kommas bid. En mag ons in die ongemaklike spasies vir Jesus beleef en gevorm word nét soos Hy wil.


